TOM AND JERRY

TOM AND JERRY

Volwassenes sal bietjie sukkel om tot aan die einde van die wyedoek-avonture van TOM AND JERRY te bly sit, maar kinders raak so opgewonde, hulle vergeet skoon van daai wit draadjies wat by hulle ore uitkatrol en aan hul selfone gekoppel is. Dit is natuurlik ‘n aangeleerde smaak, dus sal sommige volwassenes enduit bly lag, maar kinders sal popelend en giggelend reageer.