Trolls World Tour
Trolls World Tour

Trolls World Tour

TROLLS WORLD TOUR in 3D behoort die kleintjies van die kassie weg te lok, en voor die silwerdoek te kry. Die fliek verduidelik wat gebeur wanneer die Koningin van Hard Rock probeer om die Trolle se koninkryk oor te neem. Maar koningin Poppy beraam verskeie slim planne om die Trolle te red. Daar is musiek, dit is kleurvol, almal sing en dans en gil en hol, sodat TROLLS WORLD TOUR enige kind se verbeelding sal omklits soos ‘n besete eierklitser wat ‘n omelet wil maak. Volwasse toesig word aanbeveel.