Turning Red

Turning Red

Daar was lanklaas ‘n lekker animasiefliek vir kinders. ‘n Mens kan sommer aan die titel agterkom dat hier iets anders is. Die opskrif is nie so glansryk en koel soos bv. FROZEN nie. Die storie het ook ‘n ander aanslag  van ‘n gereelde animasiestorie.

‘n Sjinees-Kanadese meisie in Toronto raak bewus daarvan dat daar ‘n rooi panda in haar skuil. Die oomblik wat sy kwaad of ontsteld raak, kom die panda uit. Die dier is darem nooit te aggressief nie, en speel graag. Wanneer haar streng ma en haar familie hiervan bewus raak, word ‘n ritueel uitgevoer waar ‘n reuse kwaai panda uitkom wat almal se bestaan bedreig. Ek dink jy het dié soort storie dalk al tevore gehoor, miskien in THE HULK, maar nog nooit in die Sjinese kultuur of die gedaante van ‘n klein meisietjie met ‘n bril op wat eintlik na haarself soek nie. Die fliek gaan oor grootword, aanvaarding van jouself, eensaam wees, jou stempel afdruk op die lewe en op ander, en vriende maak wat jou aanvaar soos jy is.

Kinders behoort te jodel van plesier en grootmense mag TURNING RED maklik deursit.