U-CARMEN E-KHAYELITSHA

Die groot nuus is dat ‘n plaaslike, pryswennende rolprent: U-Carmen e-Khayelitsha vandag begin. Dis werklik ‘n kragtoer, genadiglik vry van politiek of vingerwysings en uitbundig vermaaklik. Dis ‘n verplasing van Bizet se CARMEN van die agterbuurtes van Sevilla na S.A. se Khayelitha. Dus sing plaaslike Xhosa-spelers hul eie lirieke wat op S.A. van toepassing is maar op die maat van Bizet se musiek in die strate van Khayelitsha. Sowat van ‘n kleurvolle, en charismatiese aanpassing van ‘n bekende opera het jy lanklaas gesien. U-Carmen e-Khayelitsha het die Goue Beer op die Berlynse Filmfees gewen: die eerste keer dat dié eer ‘n plaaslike rolprent te beurt val. Ek weet luiste-raars is traag om na plaaslike flieks te gaan kyk, maar glo my: U-Carmen e-Khayelitsha verbreed jou horisonne. Ondersteun ‘n S.A. fliek en neem deel aan die verrykende ervaring. Dis heeltemal anders.