Unhinged
Unhinged

Unhinged

UNHINGED sal vir ons in Suid-Afrika vreesaanjaend bekend wees, want dit gaan oor padwoede en padvarke. ‘n Geskeide ma waag dit om vir ‘n man in ‘n bakkie te toet by ‘n verkeerslig. Vir 80 minute agtervolg hy haar, vermoor mense so ver hy gaan, tot hy die heldin, gespeel deur Suid-Afrika se Caren Pistorius, fisies kan bykom. Russell Crowe, wat intussen soos ‘n bus vol beskuit geswel het, speel die booswig. Dis ‘n kruis tussen Duel en Falling Down – dus iemand wat te ver deur die stelsel en gemeenskap gedryf is, en wie se kop uitgehaak het soos ‘n sleepwa wat agter ‘n skedonkie heen en weer skud. Die spanning loop hoër as enige koors wat afgelope ses maande gemeet is. UNHINGED is skrikwekkend, knellend spannend, geslaagd en sal jou twee keer laat dink voor jy weer toet.