UNSOLVED MYSTERIES (REEKS / NETFLIX)

UNSOLVED MYSTERIES (REEKS / NETFLIX)

Die eerste UNSOLVED MYSTERIES was verbluffend vermaaklik en raaiselagtig. Die tweede reeks is egter nie op dieselfde standaard nie. Dis asof die eerste reeks al die beste sake in daardie gleuf geprop het. Behalwe vir die identiteitlose, onbekende vrou wat in Noorweë vermoedelik selfmoord pleeg en geen identiteit het nie, gaan die ander episodes bloot oor mense wat verdwyn het, en alhoewel tragies, is daar niks wat hierdie episodes bokant hulle eweknieë laat uitstaan nie. UNSOLVED MYSTERIES sal jou laat wonder.