VANITY FAIR

VANITY FAIR met Rheese Witherspoone is gegrond op William Makepeace Thackeray se beroemde roman oor Becky Sharp wat enigiets sal doen om haar sosiale status te verbeter. Dis nommerpas as jy van kunsrolprente hou. Die herskepping van die periode is puik, die tempo is rustig, die kunsregie in die kol en die verplasing van roman na silwerdoek knap. VANITY FAIR – aanbeveel as jy die langnaweek kuns wil sien.