VERA DRAKE

VERA DRAKE deur Mike Leigh is die ware verhaal van ‘n goedige tannie wat agterstraatse aborsies in die jare 40 uitgevoer het. Dan raak een van die meisies wat sy gehelp het siek en die polisie slaan toe. Wat die rolprent so merkwaardig maak, is die ontsenuende realistiese spel van IMELDA STAUNTON as Vera Drake. Leigh het 3 maande aan improvisasie gewerk. Die gevolg? ‘n Rare, morbiede, strak, donker rolprent oor ‘n doodgewone gesin wie se lewens omvergewerp word deur ‘n ma wat geglo het sy help meisies.

Die rolprent is nie pro- of anti-aborsie nie. Dit beeld ‘n situasie uit en laat dit aan jou oor om self te besluit. Weet net: dis neerdrukkend, pessimisties en ontstellend. Mens gaan kyk nie vir vermaak nie, maar om ‘n puik rolprent te sien wat periode briljant herskep en karakters raak uitbeeld. VERA DRAKE kan jou neerslagtig maak, maar dis knap.