WELCOME HOME

WELCOME HOME

Skynbaar is daar nog enkele verdwaalde siele wat na bloedbesmette grillers gaan kyk soos  WELCOME HOME. Ai, die storie is al so voos opgesê soos jou tieners se  verskoning as jy vra hoekom hulle nog  nie hulle beddens opgemaak het nie.

‘n Pragtige paartjie, waaronder die uitstekende Aaron Paul, raak in ’n struweling betrokke. Hulle gaan na ‘n idilliese villa op die Italiaanse platteland om poeier oor hul rusie strooi. Maar weet hulle nou nog nie: wanneer hulle die rare eienaar met die skelm skewe ogies en die woeste bos hare sien in die reusagtige eensame kasarm, sal hulle afgeloer word en uiteindelik vir hulle lewe moet vlug. Wil jy regtig kyk hoe mense gat skoonmaak voor ‘n skurk? Dan is WELCOME HOME dalk vir jou. Ek sal nooit weer na ‘n deurmatjie kyk met daardie woorde op en nie wil naar word nie – ek het myne dadelik verbrand! Vee jou voete daaraan af. WELCOME HOME is beslis nie verwelkomend nie.