WESENS

WESENS

Jy het  nog nooit ‘n fliek soos WESENS gesien nie. Dit is ‘n eksperimentele film, dus moet ek waarsku: dit is nié ALIEN nie.

Film wat in die jare sestig geskiet is, word ontdek. Daarin ry ‘n groep polisiemanne, boere en ander mense na ‘n plek in die Karoo waar iets onverklaarbaars gebeur het. Hulle probeer dit oplos. Wees net gewaaarsku: synde eksperimenteel word die kamera met die hand vasgehou en is die tonele soms effe uit fokus of dof, maar doelbewus. Jy gaan kyk dus nie na WESENS as jy Star Wars soek nie.

Die film is in ‘n onderspeelde styl gemaak, amper soos The Blair Witch Project, maar nie so grillerig nie. Sommige tonele is bietjie te lank, maar as jy eers by die toneel kom waar die groep mense stilhou, mag jou aandag orent spring. Knap spel van almal in die film, maar ‘n hoogs eksperimentele, raaiselagtige en vreemde styl maak WESENS een van die raarste films wat  nog in Afrikaans gemaak is.