West Side Story

West Side Story

WEST SIDE STORY is ‘n meesterlike ervaring wat jou tot ver bo die wolke neem. Enige luisteraar bo 25, want jonges waardeer skynbaar nie altyd dié soort vermaak nie, sal meegevoer en besete raak oor Steven Spielberg se nuwe, aangepaste weergawe van West Side Story. Dit is ‘n manjifieke rolprent soos net hy dit kan maak, en jy is dit absoluut aan jouself verskuldig.

Dit is die Romeo en Juliet-verhaal wat in musikale terme oorvertel word. Stephen Sondheim, wat onlangs oorlede is, het die lirieke geskryf, en Leonard Bernstein die musiek. Die stelinkleiding, spel van Ansel Algort en nuweling Rachel Zegler, die choreografie wat jou laat sweef en Spielberg se beheersde regie, is in die kol.

Jy bevind jouself in 1955-New York waar xenofobie gekritiseer word. Twee bendegroepe, een van Peurto Rico en die ander van New York, raak slaags tot die dood toe met tragiese gevolge. Ek beveel WEST SIDE STORY aan as een van die beste en mees meelewende fliekervarings van jou lewe. As jy 30 jaar laas in ‘n teater was, nou is jou kans. WEST SIDE STORY is ’n meesterwerk