White Lies (Reeks)

White Lies (Reeks)

WHITE LIES is ‘n plaaslike reeks, alhoewel Natalie Dormer van Game of Thrones-faam die hoofrol speel.

‘n Ouerpaar word vermoor, maar die vrou beland in ‘n koma. Hulle is skatryk. Het hulle kinders hulle vermoor? Die seksbehepte bure? Iemand anders? Presies wat het daar gebeur? Veral Brendon Daniels lewer’n knap vertolking as die polisieman wat tevore ‘n mislukte saak behartig het, en nou veg om hernieude aansien.

Kinkel op kinkel op kinkel volg, tot by die verrassende slot. WHITE LIES op DSTV Catchup is ‘n moordreeks wat jou behoort te vermaak.