WHITE NOISE

WHITE NOISE is ‘n grillerige affêre. Dit lyk asof die grilfliek weer besig is om opgang te maak. Na die sukses van THE RING 2 en al die ander nabootsings, is WHITE NOISE ‘n bietjie anders… ‘n Man staan sy vrou aan die dood af…. Michael Keaton speel die rol. Dan ontdek hy dat sy oorlede vrou uit die ander wêreld met hom probeer kommunikeer… deur klankgolwe en vreemde geluide…

Ek moet erken: die fliek het my ongemaklik gemaak, want daar is ‘n paar lelike skrikoomblikke. Die regisseur maak jou met KLANK stil. Dus… die oomblik wat dit STIL raak in WHITE NOISE moet jy weet… iewers kom daar ‘n simbaalslag of is daar is ‘n liederlikie geluid wat jou orent gaan laat skrik. WHITE NOISE is skrikwekkend as jy nie gereeld na rillers kyk nie. Maar gesoute aanhangers sal presies weet wat gaan gebeur! Ek sou dit aanbeveel as jy na iets anders as die gewone riller soek. Maar moenie gaan as jy maklik bang raak nie.