Whitstable Pearl (Reeks / Britbox)

Whitstable Pearl (Reeks / Britbox)

Die Britte is mos dol daaroor om speurreekse te maak. Wat hulle darem nie nog sal uitdink om ‘n onpaar paar bymekaar te kry nie. In WHITSTABLE PEARL besit ‘n sonnige, hardwerkende vrou, Pearl Nolan, ‘n restaurant wat sy saam met haar ma bestuur, maar huur haarself ook uit as privaatspeurder. Sy span kragte saam met ‘n speurder wat vir die polisie werk om verdwynings, moorde, verraad en korrupsie te ontmasker.

Dis ‘n gemaklike, doodgewone reeks sonder te veel geweld of oordadige aksie. Eintlik vir leunstoelspeurders wat nie lus is vir die eksplisiete geweld in teaters nie, maar wat sommer net met ietsie in die hand lekker veilige televisiespeurder wil speel.