Why Didn’t They Ask Evans? (Reeks)

Why Didn’t They Ask Evans? (Reeks)

Daar is maar net een Agatha Christie. Soveel skrywers en filmmakers het haar al probeer naboots, maar almal struikel dat die nerwe waai. Die wyse waarop sy sin uit ‘n verwikkelde storie maak, hoe sy tred hou met al haar karakters en die leidrade wat sy rondstrooi, is verbysterend. Natuurlik ook die moordenaar se motiewe. Jy sien eintlik die plesier van skryf in haar storie, en WHY DIDN’T THEY ASK EVANS op Britbox is ‘n goeie voorbeeld daarvan.

‘n Jong man wat tweedehandse motors verkoop (Will Poulter) kom in sy tuisdorp in Wallis op ‘n lyk af. Iemand het van ‘n krans afgeval. Wat hierna gebeur, sal jou verstom laat. Die lekkerte is om skaak met mej. Christie te speel. Die oomblik wat jy ‘n sekere karakter sien, begin jy hom of haar verdink. Maar onthou, by Christie beteken dit gewoonlik: die persoon wat dit die minste kon doen, is skuldig.

WHY DIDN’T THEY ASK EVANS is ‘n wipkarretjie-rit van uitbundige plesier. Dis nou hoe Agatha Christie moet lyk.