Why Women Kill (Reeks)

Why Women Kill (Reeks)

WHY WOMEN KILL op Showmax is donker komies, wat beteken: jy lag vir situasies en besef: maar mens kan nie hiervoor lag nie! Dit speel oor drie tydperke af – 1962, 1984 en 2018. Elke storie speel in dieselfde huis af. En daar word moorde gepleeg, alhoewel die eerste episodes nie verklap wie vermoor word en hoekom nie.

Die stories is regtig vermaaklik, want dit kom uit dieselfde stal as Desperate Housewives, maar jy moet oopkop wees, en ek sou nie tieners onder 16 hierna laat kyk nie. Maar as ‘n allegaartjie so tussen al die grusaamheid, is dit lekkerkykmateriaal.