WICKER PARK

WICKER PARK was teleurstellend. ‘n Prikkelprins, gespeel deur die man van die oomblik, Josh Hartnett, raak op ‘n beeldskone meisie verlief, Diane Kruger. Dis sy wat ‘n 1,000 oorlogskepe in TROY geloods het as Helena. Dié slag laat sy Josh se bekende kuif orent staan, maar verdwyn dan weer. Twee jaar later keer sy terug, maar dan is Josh al verloof. Hoe nou gemaak? As THE UPSIDE OF ANGER nie naby jou wys nie en jy soek net eintlik gemiddelde en gemaklike vermaak, is WICKER PARK in orde. Ek sou wag dat dit op video of DVD verskyn. Maar as jy vir 2 ure na mooi mense in ingewikkelde romantiese situasies wil staar, is WICKER PARK vir jou.