15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Fliekrubriek | Will Trent (Reeks / Disney+)

Will Trent (Reeks / Disney+)

22 September 2023
7/10
16
Regisseur: Howard Deutch
Akteurs: Ramón Rodríguez, Erika Christensen, Iantha Richardson, Jake McLaughlin, Sonja Sohn

Praat van ‘n geknelde speurder vol letsels. WILL TRENT dra nie alleen letsels aan sy lyf nie, maar sy siel is ook gekneus. Hy was in ‘n kinderhuis as jongeling, en is daar afgeknou en gekarnuffel. Nou, as speurder en spesiale agent, het hy die hoogste suksessyfer in die polisie. Wanneer hy sy oog op ‘n skobbejak kry, ry die jafel stewig aan die pen.

Trent se eerste saak, wat oor twee episodes strek, gaan oor ‘n bedorwe brokkie in ‘n kort rokkie wat ontvoer word. Daar is allerlei misverstande, en ‘n moord of twee word in die proses gepleeg. Om nie te praat van wie almal emosioneel en fisies verwond word nie.

Hy is ‘n vreemde siel, het min emosie, ‘n stroewe gesig, is disleksies en kan ook nie met ‘n rekenaar werk nie. Hoe hy daarin geslaag het om in Amerika ‘n speurder te word. Nou ja. Vra die skrywer op wie se romans WILL TRENT gegrond is. En dan het hy boonop ‘n lekker wilde meisie wat hy ook van jongs af ken en sy letsels vinnig heel. Mooi meisie.

Die moord word met ‘n strak gesig, oë wat skurke teen ‘n muur vaspen en ‘n ferm mond opgelos. Die reeks kan ‘n doodgewone leë Vrydagaandjie, as jou beursie knyp en jy nie noodwendig kan gaan uiteet nie, lekker vul. WILL TRENT is ‘n kwinkslag-per-vuishou-speurverhaal. Dis ritmies, slaan elke storieslag perfek, en is volgens ‘n resep gemaak.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: