YOUR HANDS ON MY HIPS

Dit kom uit Frankryk, en soos julle weet, het die Franse ‘n slag met sekskomedies. Odille is ‘n guitige 40-jarige aktrise wat stuit vir niks. Sy’t ‘n reputasie met jonger ouens. Tot sy vir Kader ontmoet, ook ‘n jong man wat haar lewe holderstebolder draai.

YOUR HANDS ON MY HIPS is ‘n gesofistikeerde ontspanningsromanse, tipiese Cinema Nouveau-vermaak oor ‘n vrou op pad na haar middeljare wat ‘n nuwe liefde en lewe ontdek. Wie’t gesê om ouer te word beteken jy’s oor die muur? Jy’s so oud soos jy voel! YOUR HANDS ON MY HIPS is ‘n uitbundige komedie oor liefde wat tydloos is en kry 7 uit 10. Ek sou uit my huis daarvoor gaan.