Your Honor (Reeks)

Your Honor (Reeks)

Hoe ver sal ‘n pa gaan om sy seun te help? Wanneer ‘n regter se seun ‘n ander seun per ongeluk doodry, beland die regter in ‘n dilemma wat hy nie kon voorsien nie. Hy moet kies tussen sy eed as regter en sy liefde vir sy seun. YOUR HONOR sal jou fassineer. Dis ook ‘n vraatkykreeks wat jou verslaaf maak.

Die Kaapse draaie wat die pa moet gooi, die hofstelsel, die kinkels in die storie, die polisie wat snuf in die neus kry, en ‘n georganiseerde Mafia-groep kompliseer die regter se lewe ingrypend. Glo my, YOUR HONOR sal jou jou naels tot in die lewe laat afknibbel. Dis verrassend.