logo_sabc_header

07:00 - 07:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 07:10 - 08:00

Binnekamer

Met Lizelle de Bruin

Lizelle de Bruin

Volgende: 08:00 - 08:05

Nuus

08:05 - 09:00

Loof die Here

Met Magdaleen Krüger

Maak die skuif na eksklusiewe Rhebokskloof

Maak ‘n ikoniese wynplaas jou nuwe tuiste. Met slegs 48 eksklusiewe erwe beskikbaar, bied die Rhebokskloof-landgoed buite die Paarl ’n landelike leefstyl op 185 ha met gevestigde wingerde, fynbos en weidingskampe.

Besoek https://www.rhebokskloof.co.za/estate/

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Ina Strydom

Sondag: 10:05 - 10:30

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, doen besondere werk oor Afrikaans grammatika en het ‘n portaal vir taalonderrig.  Die projekleier, Nadine Fouche-Karsten, vertel vir Ina Strydom meer oor die taalonderrigportaal en wat dit alles bied.

Lise Swart

Sondag: 10:30 - 11:00

Leer meer oor die pampoen-paddatjie wat kan spring, maar nie land nie, en wat gesels met sy maats, maar nie een kan hoor nie. Is dit waar dat jy elektrisiteit kan spaar deur jou selfoonlaaier te ontkoppel, en hoeveel spaar mens?

Jody Hendricks

Sondag: 11:30 - 12:00

Volgens nuwe data, het die skuld-tot-inkomste-verhouding onder die middelklas in Suid-Afrika met byna 50%  gestyg. Wickus Olivier verduidelik hoe verbruikers in hierdie inkomstegroep hulle skuld beter kan bestuur.

Elsje van Jaarsveld

Sondag: 17:30 - 18:00

Met raad en daad
Op 29 Mei kan jy jou demokratiese reg uitoefen en jou stem uitbring in die nasionale en provinsiale verkiesings.  Daar is heelwat praktiese inligting rakende die logistiek van die verkiesing waarvan jy moet kennis dra. Elsje van Jaarsveld praat met Jacques Jansen van die OVK oor spesiale stemme as jy tuis moet stem, of by ‘n ander stemlokaal as waar jy geregistreer is.

Johan van Lill

Sondag: 18:10 - 18:30

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor oksitosien en sosiale leer. Hierdie hormoon versterk nie net ons emosionele bande nie, maar speel ook ‘n kritiese rol in sosiale leerprosesse. Oksitosien kan ook positiewe sosiale gedrag in die klaskamer bevorder.

Susan Booyens

Sondag: 19:00 - 19:30

Susan Booyens gesels met professor Louis Jonker, verbonde aan die Departement Ou en Nuwe Testament aan die Universiteit Stellenbosch, oor die ontstaan van Ou Israel en die wortels van die Christendom.

Willie Koorts

Sondag: 19:30 - 20:00

Ons sit ons reeks oor die geskiedenis van die Sterre en Planete voort.  In die derde deel verneem ons die skoknuus van dr. Japie van Zyl se dood op 26 Augustus 2020, en luister na uittreksels uit ’n huldeblyk-program. Ons ontmoet ook vir Jim Adams, Lafras Smit en dr. Stefan Lotz. In hierdie week se Ruimteraai beantwoord ons die vraag:  Wat is die hemelewenaar?

Charl van Heyningen

Sondag: 21:10 - 23:00

Luister na musiek uit La Traviata en Aïda van Verdi, Norma van Bellini, L’Arlesiana van Cilea, Die Huwelik van Figaro van Mozart, Tosca van Puccini, Faust van Gounod en Andrea Chénier van Giordano. Van die sangers is Anna Netrebko, Angela Gheorgiu, Roberto Alagna, Luciano Pavarotti, Jonas Kaufmann en Dmitri Hvorostovsky.

Lise Roberts

Maandag: 05:25 - 05:55

Meer as 24 miljoen Suider-Afrika-inwoners worstel met ‘n dubbele krisis van hongersnood en ongewone weerpatrone. In Suid-Afrika het die droogte reeds ‘n impak op voedselsekerheid. Ons hoor by Corné Louw van Graan SA of ons bekommerd moet wees oor plaaslike mielievoorrade. Johann Kotzé van Agri SA praat oor die rol, waarde en voortbestaan van georganiseerde landbou. Waarom is die snytyd van kuilvoer so belangrik? Dit is een van die vrae wat De Bruyn Myburgh van Pioneer Saad beantwoord in ons gesprek oor mieliekuilvoer.

Geen aanbieders

Maandag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 34:
Ester is kwaad vir Manie omdat hy haar vermy. Manie bieg hy dink sy en Lionel is betrokke by sy pa Sammy se verdwyning. Dominee Malan repeteer saam met Barend vir sy onderhoud met die dokumentêre filmspan. Albert is bekommerd oor Ronel, en vra vir Ester om ‘n woord vir hom in te sit.

Geen aanbieders

Maandag: 19:20 - 19:30

‘n Les geleer uit ’n saad.

Fliekrubriek

0412-scoop-1

Scoop

8/10
SCOOP op Netflix sal veral joernaliste en nuusvrate se aandag trek. Dit gaan nie net oor die berugte onderhoud…
0412-white-lies-1

White Lies (Reeks)

6/10
WHITE LIES is ‘n plaaslike reeks, alhoewel Natalie Dormer van Game of Thrones-faam die hoofrol speel. ‘n Ouerpaar word…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

Close Menu