Soos gehoor in driesestig: Sirene Paulse van Somerset-Wes het na ‘n ernstige verkoue in 2019, gesukkel om die gevoel van naalde en spelde in haar regterbeen af te skud. Twee jaar later was sy ‘n kwadrupleeg. Die ma van twee vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy weier om op te hou veg om haar lewe terug te kry. Hier is sy saam met haar gesin: manlief Patrick en haar twee dogters: Jody en Tamzyn.