Die fotograaf Tobias Baumgaertner het hierdie foto van twee pikkewyne in Melbourne, Australië, geneem. Die pikkewyne staar na die stad se liggies. Tobias het drie nagte saam met die pikkewynkolonie spandeer. Nadat hy die foto geneem het, het iemand hom vertel dat albei die pikkewyne hulle lewensmaats verloor het en dat hulle mekaar troos. Hulle streel mekaar se rûe en maak mekaar skoon. Vir ‘n oomblik het hulle stil gestaan, toe neem Tobias die foto.