Die aborsie-debat in Amerika polariseer

Die hele wêreld praat skielik oor aborsies nadat die hoogste hof in die VSA besluit het om sy beroemde 1973 Roe v Wade-beslissing op te hef. Amper 50 jaar nadat vroue ‘n grondwetlike reg tot aborsie verkry het, is die reg binne ‘n oogwink van miljoene Amerikaanse vroue weggeneem. Prof. Amanda Gouws, politieke wetenskaplike by die Universiteit Stellenbosch, praat oor een van die mees polariserende vraagstukke in Amerika.