Geldgids – Episode 22

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Ons paneel kundiges wat geldverwante begrippe onder die letter I bespreek, is Niek van den Berg, en Eduan Basson, verbonde aan die Welvaart-sake-eenheid van HGG Finansiele Groep, Linda van Greuning, direkteur van HGG se Trust-sake-eenheid, en George Kershoff, adjunk-direkteur van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek.