KRONKELPAD deur Ronel Mostert

Lize Rademeyer, ‘n beelskone meisie met ‘n gebroke hart, bevind haar op ‘n gevaarlike plaasgrondpad sonder petrol en oënskynlik ‘onder die invloed’ wanneer Hugo Naudé, die dodelik aantreklike eienaar van die plaas, op haar afkom. Hy is woedend wanneer hy verneem dat sy in diens geneem is as in-huis fisioterapeut deur sy eiewys sussie, Mijke, wat die gebruik van haar bene verloor het weens ‘n motorongeluk op dié einste verraderlike pad. Die spelers is Amalia Uys in haar radiodramadebuut, Jacques Bessinger, Roeline Daneel, Zenobia Kloppers, André Samuels, Ira Blankenberg en Petrus du Preez. Cassie Lowers is verantwoordelik vir die tegniese versorging.