Kuns met kontant 2 Desember 2021

Die veteraanakteur en legende van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, Hans Strydom, gesels oor akteurs se plek in die finansiële wêreld. Hy gee raad oor die beleggingsdeel van vryskutwerkers se geld asook welvaartbeplanning tydens hulle loopbaan ten einde eendag goed af te tree. Hy vertel vir Henco Kruger van sy passie vir die regverdige behandeling en behoorlike vergoeding van mense in die uitvoerende kunste. Henco het ‘n in-diepte geldgesprek met die man wat ná 50 jaar steeds met groot sukses in die vermaaklikheidsbedryf staan.