Musk se multimailjard-rand maantuig ontplof

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêre, Elon Musk, se tweede toetslopie om ‘n supertuig die ruimte in te stuur, wat uiteindelik die maan en selfs Mars moet bereik, het in ‘n reuse ontploffing geëndig. Musk se Space X-maatskappy het in April vanjaar ook ‘n toetslopie gedoen, maar, volgens Space X, was die jongste poging veel meer suksesvol as die eerste een, al kos dit elke keer miljoene dollar. Ons praat vanoggend hieroor met professor Pieter Kotze. Pieter is verbonde aan die Noordwes-Universiteit en die Universiteit Stellenbosch.