Praat saam 2 Desember 2021

Suid-Afrika het van die mees progressiewe menseregtewetgewing en beleid wat Alle genders beskerm, hoe jy ook al identifiseer. Dit lyk mooi op papier, maar toepassing in praktyk ontbreek. Die jongste misdaadstatistiek wys Suid-Afrika is een van die gevaarlikste lande vir vroue. Die jaarlikse 16 dae veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het onlangs begin, en baie vroue het hulle misnoë oor die veldtog uitgespreek. Wat beteken ‘n 16 dae veldtog op grondvlak vir vroue en kinders, of moet daar ‘n herbesinning van prioriteite kom?