RSG Landbou 17 Januarie 2022

Inspeksiedienste van graan en oliesade wat deur die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling voorgestel is, is vir eers gestaak. Wessel Lemmer van Agbiz Grain vertel wat die rede hiervoor is. Nuy Wynkelder het by die 2021 Veritas-toekennings ‘n gouemedalje vir hulle Sauvignon Blanc gekry, maar dié wyn was eintlik deel van ‘n eksperiment.