RSG Landbou 18 Januarie 2022

Wolveilings het verlede week hervat. Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van die jongste pryse. Waarom moet versekering oorweeg word by die maak van kuilvoer? Richardt Venter van Agsci Unlimited verduidelik waarom dit so belangrik is. Ons gesels met James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie oor dié bedryf, en hoe die nat toestande die rooivleisprodusent raak.