RSG Landbou 23 Mei 2022

Rumen speel ‘n integrale rol by die gesondheid van ‘n dier. Dr. Johan van Rensburg van ABE Biotech brei hieroor uit, en verduidelik watter uitwerking wisselende pH het. Daar is tans meer as 370 Brahmantelers wat lid is van die Brahman-beestelersgenootskap. Sietze Smit praat oor die bevordering van dié ras in Suid-Afrika. Staatsveearts dr. Alicia Cloete was een van die sprekers by die afgelope RuVasa-kongres. Carin Venter vind meer uit oor haar veld van belangstelling.