RSG Landbou 24 Mei 2022

Watter aspekte is belangrik wanneer ‘n ram vir ‘n kudde aangekoop word? Johan Swart, ‘n dormerstoetboer van Swellendam, het die antwoord. Bunkers is waarskynlik een van die oudste kuilvoerbergingsmetodes. Richardt Venter van AgSci Unlimited vertel meer hieroor. Ons hoor by Willem van Jaarsveld van die Nasionale Diergesondheidsforum wat ‘n biosekuriteitsoudit behels. Het jy al gehoor van jenewer wat met eikehout geïnfuseer is? Lise Roberts het meer hieroor gana uitvind by die SA Kaasfees.