RSG Landbou 25 Mei 2022

Rou sojabone en sojaboon-oesreste kan baie doeltreffend as ‘n voedingsbron vir herkouers gebruik word, maar met omsigtigheid. Esmari Rautenbach van Feedtek verduidelik wat sy hiermee bedoel. Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA het tydens die RuVasa-kongres gewaarsku dat daar ‘n toename in die gebruik van ongeregistreerde veemedisyne is. Carin Venter gesels met hom hieroor. Eddie Visser van African Infusion praat oor CBD-geïnfuseerde produkte, en wat die regulasies stipuleer.