RSG Landbou 28 Junie 2022

Skaapbrandsiekte is ‘n hoogs aansteeklike velsiekte, wat veral hierdie tyd van die jaar voorkom. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad oor die voorkoming en behandeling hiervan. Hoewel predasie ‘n groot probleem vir die veeprodusent bly, is die beskerming van die luiperd en die bewaring van dié roofdier se ekostelsel belangrik, sê dr. Chavoux Luyt van die Cape Leopard Trust. Daar is nuus oor die Damview Brahman-veiling wat op 7 Julie in die Bergville-omgewing in KwaZulu Natal plaasvind.