Skrywers en boeke 24 Januarie 2024

Ilse Salzwedel se gas is Irma du Plessis, dogter van wyle Koos du Plessis, die sanger en liedjieskrywer. Irma is die samesteller van ERFDEEL: VERSAMELDE WERKE VAN KOOS DU PLESSIS, wat onlangs heruitgegee is. Johan Myburg gesels oor die langlys van die Dublin-letterkundeprys, en stel ons voor aan die wenner van die T.S. Eliotprys vir poësie,  Jason Allen-Paisant. Johan vertel meer oor die teistering deur die Russiese regering wat die Russiese misdaadfiksieskrywer, Boris Akunin, moet verduur. Jy kan ook meer uitvind oor Niki Daly, geliefde Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder, wat onlangs oorlede is.