Skrywers en boeke 7 Februarie 2024

Ilse Salzwedel stel jou voor aan Gaireyah Fredericks, skrywer van EEN VOET INNIE KABR, ‘n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Ilse gesels ook met die bekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, oor die belangrikheid van lees vir kinders, en oor ‘n paar nuwe benoemings vir sy boeke. Annelien van Basten van Skryfnet vertel meer oor die skryfkursusse wat Skryfnet in die volgende paar weke aanbied – daar is iets vir alle ouderdomsgroepe.