Thalita se passie vir radio

Thalita Counter is ‘n verslaggewer by RX Radio. Sy is die eerste jong verslaggewer wat met ‘n gesondheidstoestand, Meningo-enkefalitis, leef. Sy het in November 2022 die Bright Star-toekening by die SA Radio-toekennings ontvang. Sy het ‘n passie vir radio, en het op die jong ouderdom van 13 begin uitsaai. RX Radio is ‘n bekroonde radiostasie, wat deur en vir kinders is. Dis gebaseer by die Rooi Kruis Kinderhospitaal in Kaapstad.