17:45 - 18:00

Brandpunt

Nou op die lug: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Volgende: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

19:00 - 19:05

Nuus

Tuis | Programskedule

Programskedule

Geen aanbieders

18:00 - 18:10

Die jongste plaaslike en internasionale nuus en weervoorspelling.

Ryk van Niekerk

18:10 - 19:00

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

Geen aanbieders

19:00 - 19:05

Die jongste plaaslike en internasionale nuus.

Geen aanbieders

19:05 - 19:15

Voorlesings van gewilde en klassieke boeke word weer uitgesaai vir herluister en opnuut geniet.

Geen aanbieders

19:15 - 19:20

‘n Inspirerende en ‘n bemoedigende boodskap.

Christelle Webb-Joubert

19:20 - 19:30

Die aktrise, omroeper en stemkunstenaar Christelle Webb-Joubert gee lewe aan verskeie gewilde boeke vir die jongspan.

Hazel Janse van Rensburg

19:30 - 20:00

Jou verhouding met jouself is veronderstel om jou grootste prioriteit te wees. Daar is ‘n fyn balans tussen selfsorg en selfsug. Hazel Janse van Rensburg gesels met inspirasievrou, Lynette Beer, oor hoe om hierdie tema te benader.

Geen aanbieders

20:00 - 21:00

‘N BLOMMEKROON VIR BELINDA deur Almé Swart
Regie: Amor Tredoux

Elke middag om klokslag half twee kom Belinda by die winkel in. Dan soek sy die tafel teen die muur, want sy wag vir haar man. En wanneer kom haar man? Hy kom nie… Dit is Nadia, die nuwe kelnerin by die koffiehuis op die dorp, beskore om die raaisel van Belinda se jarelange gewag op haar man op te los. Maar nie voordat haar eie geheim ook op die lappe kom nie…

Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Elanza Swart, Ronel Geldenhuys, Stefan Vermaak, Chloe van Rooyen en Melt Sieberhagen.

’N BLOMMEKROON VIR BELINDA is die wenner in die kategorie Beste Jong Skrywer in die 2023 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Geen aanbieders

21:00 - 21:10

Die jongste plaaslike en internasionale nuus en weervoorspelling.

Geen aanbieders

21:10 - 21:20

Nuwe en klassieke werk, wat volwasse temas en taal kan insluit, word voorgelees vir die luisteraar wat ook luisteruitdagings waardeer.

Terrance April

21:20 - 22:10

Luister na ’n beweging uit ‘n simfonie van Mozart wat as sy Simfonie no. 42  in F-majeur gemerk is. Daar is nog ander wat tot by nommer 56 strek. Die styl en klank van die simfonieë wat ná nommer 41 gemerk is, slaan terug op ‘n vroeër periode in Mozart se werk. So, dit is beslis nie ná Simfonie no. 41 gekomponeer nie. Daar is ook twyfel of Mozart al die ekstra simfonieë wel gelewer het. Van die manuskripte is ook tydens die Tweede Wêreldoorlog verwoes.

Frederick Loewe is ‘n Amerikaanse komponis wat in Duitsland gebore is. Hy het geleef van 1901 tot 1988. Hy het nou saamgewerk met Alan Lerner, en hulle was verantwoordelik vir talle ligter liedere. Hulle het ook musiek vir die blyspele, MY FAIR LADY, CAMELOT en PAINT YOUR WAGON gekomponeer. Ons luister hoe Arleen Auger die lied, BEFORE I GAZE AT YOU AGAIN, van Loewe sing.

Ons luister ook na ’n deel uit ‘n kwartet vir vier horings van Leopold Mechura, ‘n Tjeggiese komponis. Hy het hoofsaaklik operas gekomponeer, asook geestelike musiek. Hy het destyds ook die bekende opera, MARIE POTOSJKA, gekomponeer wat gebaseer is op ‘n gedig van Alexander Poesjkin.

Shahieda Carlie

22:10 - 22:30

‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.

Jacques Arendt

22:30 - 23:00

Musiek van RSG se speellys.

Geen aanbieders

23:00 - 23:10

Die jongste plaaslike en internasionale nuus en weervoorspelling.

Jacques Arendt

23:10 - 23:59

Tjilmusiek vir die laataand.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: