Volgende: 14:45 - 15:00
Middagvervolgverhaal
15:00 - 15:05
Nuus
Potgooi
Jongste Potgooie
Makhanda Kunstefees in volle swang
Akteurs Danielle Retief en Rowlen von Gericke vertel wat feesgangers kan verwag by die Makhanda Nasionale Kunstefees.
Versorging van troeteldiere in die winter
Danielle Smith, ‘n veearts van Hartebeespoort, gesels oor die versorging van troeteldiere in die winter, en mediese sorg vir diere met artritis en ander kwale.
Sakenuus 28 Junie 2022
Iran en Argentinië klop aan Brics se deur en wil graag lede van die klub wees. Dawie Roodt gesels oor die implikasies daarvan as Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika hulle met ope arms verwelkom.
Die aborsie-debat in Amerika polariseer
Die hele wêreld praat skielik oor aborsies nadat die hoogste hof in die VSA besluit het om sy beroemde 1973 Roe v Wade-beslissing op te hef. Amper 50 jaar nadat vroue ‘n grondwetlike reg tot aborsie verkry het, is die reg binne ‘n oogwink van miljoene Amerikaanse vroue weggeneem. Prof. Amanda Gouws, politieke wetenskaplike by die Universiteit Stellenbosch, praat oor een van die mees polariserende vraagstukke in Amerika.
Hoe erg was staatskaping by staatsondernemings?
Maatskappye in staatsbesit is pertinent geteiken tydens die staatskapingsera. Van die grootste korrupsie, ter waarde van kort duskant R60-miljard, is gefasiliteer deur dié reuse korporasies se tender- en verkrygingsprosesse. Hoofregter Raymond Zondo het ‘n paar planne beraam om politici weg te hou van sleutel-aanstellings by sukkelende staatsondernemings. Rudie Heyneke van die Organisasie teen Belastingmisbruik praat vanoggend oor dié maatreëls en hoe erg dinge skeefgeloop het by plekke soos bv. Transnet.
Top Stories
POTGOOI (aanddiens)
INTERAKTIEF
- SMS 45889 (R1,50 per SMS)
- WhatsApp 076-536-6961
(slegs stemboodskappe) - Teken in op nuusbrief