05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Vrydag 15 Oktober 2021

Kyk net dié Tsitsikamma-wolwe!

In die Tsitsikamma het Mariska Spoormaker op verskeie pakke wolwe en wolfhondkruisings afgekom, en toe die hartseer storie by Robin McDonald van die Tsitsikamma Wolf Sanctuary gehoor. Basies kom dit daarop neer dat hierdie wolwe en/of wolfhondkruisings óf mishandel is óf deur hulle voormalige eienaars oorhandig is aan die hawe, omdat hulle nie meer kans gesien het vir hulle onvoorspelbare gedrag nie.

Donderdag 14 Oktober 2021

Lewensredders se onselfsugtige diens

Op sekere plekke langs die kus word lewensredding nie net as 'n gemeenskapsdiens beskou nie, maar as 'n span- en vriendskapsbou. Lewensredders werk deur die loop van die jaar baie hard om tydens die somervakansie 'n onselfsugtige en onontbeerlike diens aan inwoners en vakansiegangers te lewer. Op Sondae vergader ‘n groep vrywilligers en kinders op die strand in Gqeberha in die Oos-Kaap om opleiding as lewensredders te kry. Jacqui January het op die strand met van die afrigters, ouers en voornemende lewensredders gesels.

Donderdag 14 Oktober 2021

Christopher September se tuine

Christopher September vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy ‘n leefstylaanpassing moes maak, en sy werk as waaghals in die filmbedryf agterlaat het. Christopher het sy heil in 'n tuin gevind, en ‘n tuinprojek by 'n skool begin.

Donderdag 14 Oktober 2021

Geldgids – Episode 15

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In ons B-aflewering bespreek Niek van den Berg, Riaan Lindeque en Eduan Basson van HGG se Welvaart-sake-eenheid en prof. JP Smit van die Universiteit Stellenbosch geldverwante woorde wat ons daagliks teëkom.

Donderdag 14 Oktober 2021

Impak van Covid-pandemie op werksoek

Gail de Waal Basson vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink watter impak die Covid-19-pandemie op CV's en die werksoekproses gehad het.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: