13:00 - 14:00

Spesiale uitsending

Met Terrance April

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Radioteater

Volgende: 15:00 - 16:00

RSG Konsertbederf

Met Willem Pelser

16:00 - 17:00

Spesiale uitsending

Met Flip Loots

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Vrydag 23 Oktober 2020

Jana Birch se Oosterse reise

Jana Birch het huis en haard verkoop om drie jaar lank in die Ooste te gaan reis. Sy was in ‘n gemaklike situasie as TV-vervaardiger en regisseur van o.a. Pasella op SABC, maar sy en haar man, ‘n veearts, het hulle beroepe tydelik gestaak om te gaan reis. Jana het ook musiek gekomponeer vir o.a. ‘n kortfilm, Vismense, en terwyl sy reis, skryf en komponeer sy gedurig. Sy deel van hulle ervaringe met Johan Rademan.

Vrydag 23 Oktober 2020

Aunty Sarah Hill en die dood

Elkeen van ons het ‘n storie te vertel oor die lewe, die dood, die liefde... Jacqui January gesels met Aunty Sarah Hill van Kuilsrivier in die Kaap. Aunty Sarah vertel hoe sy en haar man hulleself voorberei het vir die dood van haar man. Maar Jacqui wou eers by haar weet oor haar naam, want dis toe nie Sarah nie…

Vrydag 23 Oktober 2020

Digitale opleiding

Jana de Necker vertel vir Martelize Brink van die skuif na opleiding via digitale platforms wat nou binne in die werksomgewing plaasvind.

Donderdag 22 Oktober 2020

Julius Gordon Africana Sentrum, Riversdal

Louise du Plessis vertel vir Martelize Brink van die Julius Gordon Africana Sentrum / Versfeld-Huis op Riversdal.

Donderdag 22 Oktober 2020

Kollektiewe trauma deur pandemie belig

Dit wil voorkom asof die Covid-19-pandemie baie mense sielkundig raak. Daar word selfs gepraat van kollektiewe trauma. Mariska Spoormaker praat hieroor met Hanna Kotze, ‘n kliniese maatskaplike werker en traumaberader van Port Elizabeth.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: