23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Jacques Arendt

Jacques Arendt

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Dinsdag 11 Februarie 2020

Driesestig

Op De Vlugt, 'n gehuggie langs die Prins Alfred-pas in die Suid-Kaap, het Mariska Spoormaker gesels met Tinkels, oftewel John Henry Ketchen, diaken van die Congregational Church vir De Vlugt en Boskloof. Voltyds is hy 'n plaaswerker - in sy vrye tyd roei Tinkels vrywillig indringerbome uit, want volgens hom is dit groen gemors.

Maandag 10 Februarie 2020

Driesestig

Haidee Muller het al die storie van Wayne Olivier vertel. Hy was langer as 10 jaar 'n volslae dwelmverslaafde. Hy het al op 16 met dwelsm begin eksperimenteer. Vandag is hy al 'n hele paar jaar lank skoon, en hy blink uit in kragoefeninge (powerlifting). Wayne het reeds sewe rekords in hierdie sport laat spat. Hy het Suid-Afrika einde verlede jaar in Finland verteenwoordig. Haidee het weer by hom gaan kuier, die keer om te hoor hoe goed hy daar in die verte gevaar het.

Vrydag 7 Februarie 2020

Driesestig

Chris van der Westhuizen deel herinneringe van sy ma, wat alom bekendgestaan het as Tant Nellie Naald. Sy was desjare Prieska se top naaldwerkster.

Donderdag 6 Februarie 2020

Driesestig

Het jy geweet potspel is heelbo op die lys van sportsoorte wat in Suid-Afrika beoefen word? Op 'n professionele vlak is die sport tradisioneel deur mans gedomineer, maar vroue tree al hoe meer toe tot die sportkode. Die 2019 Afrika- en Wêreldkampioen vir vroue is Suid-Afrika se Amy Claire King. Jacqui January gesels met Amy en haar agent, Johan Fourie.

Woensdag 5 Februarie 2020

Driesestig

Dr. Marlena Kruger bespreek haar loopbaan as radiografis, opvoeder en sielkundige, en brei uit oor die impak van mensgemaakte straling wat vanaf selfone, wi-fi, selfoontorings en antennas afkomstig is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: