23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Jacques Arendt

Jacques Arendt

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Donderdag 25 November 2021

Geldgids – Episode 21

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In GeldAlfabet bespreek Eduan Basson, gesertifiseerde finansiële raadgewer verbonde aan HGG Finansiële Groep, en prof. JP Smit van die Universiteit Stellenbosch, geldverwante begrippe wat onder die letter H val.

Donderdag 25 November 2021

Filantropie

Sophia van Rensburg vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die afgelope twee jaar mense dwing om anders te kyk na filantropie.

Woensdag 24 November 2021

Carel du Plessis kyk terug

Carel du Plessis het as studente-rugbyspeler die Springbokke in 1981 vergesel na Nieu-Seeland en die VSA. Die prins van vleuels is egter ingesluit as senter, en hy het die Bokke a.g.v. sportisolasie in slegs 12 toetse verteenwoordig, waarin hy vier drieë gedruk het. Johan Rademan het met Carel gesels, wat ook ná die sportisolasietydperk in 1997 die Bokke afgerig het

Woensdag 24 November 2021

Mense van kort statuur

Melanie Lubbe gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor mense van kort statuur, en die organisasie EQUAL CITIZENS OF SHORT STATURE SA wat onlangs gestig is.

Woensdag 24 November 2021

Verbruikersboikotte

Dr. Linda Meyer praat met Johan Rademan en Martelize Brink oor verbruikersboikotte.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: