07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Robbie Kruse , Sue Pyler-Slabbert , Gustav Greyling , Blaine Jones

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

alhoebekker

Met Amore Bekker

Amore Bekker

Volgende: 11:30 - 12:00

Gesondheid

Met Marí Hudson

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Woensdag 24 November 2021

Colin Beck en Danie Gerber kyk terug

Colin Beck het as jong speler vininig groot geraak tydens die 1981-Springboktoer. Hy het onder andere saam met Danie Gerber in die middelveld teen die All Blacks uitgedraf, en ook sy eerste en enigste volledige toets teen die USA Eagles gespeel. Johan Rademan het met dié senterpaar met die byname Klaas Vakie en Doring van Despatch, tydens die Bokreünie gesels.

Maandag 22 November 2021

Kleuters help kleuters

Jacqui January was by ‘n kleuterskool, waar die kleintjies ‘n ander skool se kinders help om ‘n mondhigiënis te kan sien. Sy gesels daar met Mariette Wille, wat vertel hoe dit alles begin het.

Maandag 22 November 2021

Studie-uitbranding tydens eksamens

Carike Verbooy gesels met Martelize Brink oor studie-uitbranding tydens eksamens.

Maandag 22 November 2021

Jakob en Maria Fortuin

Jakob Fortuin en sy vrou, Maria, sit elke Dinsdag oorkant Haidee Muller-Isaacs se ouerhuis op Oudtshoorn. Dis die dag wanneer die vullistrok kom. Swaarkry ken hulle goed. Hulle speel Gospelmusiek kliphard op ‘n draadloos wat hulle oral saamdra. Hulle hond, Jokey, loop ook oral saam. Jakob sê die Gospelmusiek gee hom hoop. Haidee het by haar ouers op Oudtshoorn gekuier, en natuurlik moes sy meer gaan uitvind.

Maandag 22 November 2021

Hulp vir slagoffers van geweld

Marguerite Holtzhausen vertel vir Martelize Brink van die hulp wat beskikbaar is by The Trauma Centre vir slagoffers van geweld en marteling.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: