23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Dinsdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 20 Januarie 2021

Gesondheid 20 Januarie 2021

Dit is geen geheim dat gesondheidswerkers onder groot duk werk weens die Covid-gevalle in hospitale. Hoe hanteer gesondheidswerkers hierdie druk, veral jong dokters wat toegang het tot medikasie wat verslawend kan wees? Hoe ken mens die gevaartekens uit waaraan aandag geskenk moet word? Marí Hudson praat hieroor met dr. Eugene Allers, ‘n psigiater.

Woensdag 13 Januarie 2021

Gesondheid 13 Januarie 2021

Daar is baie vrae oor die Covid-entstof en die uitrol daarvan in Suid-Afrika: Presies hoe werk dié entstof? Hoe veilig en effektief is die entstof, selfs teen die nuwe variante? Sal dit jou DNS verander? Wat van al die samesweringsteorieë? Marí Hudson praat met prof. Glenda Gray van die Mediese Navorsingsraad oor Covid-entstowwe.

Woensdag 6 Januarie 2021

Gesondheid 6 Januarie 2021

Die land gons tans oor die anti-parasitiese middel, Ivermectin, wat moontlik voorkomend en as behandeling teen Covid doeltreffend is. Hoe werk die middel? Waarom kan die middel nie net vir alle Covid-gevalle ingespan word nie? Wat is die grens tussen oorversigtigheid en nalatigheid van owerheidskant? Hoe vinnig kan standpunte verander? Marí Hudson praat met ’n farmakoloog oor dié aspekte.

Woensdag 30 Desember 2020

Gesondheid 30 Desember 2020

Hoe verskil die tweede Covid-golf van die eerste een, en wanneer kan ons die pieke in die verskillende streke verwag? Hoe lyk die algemeenste gesig van Covid nou? Is die virus nou gevaarliker as voorheen? Marí Hudson praat met ’n data-ontleder oor die syfers, en met ‘n infeksiebeheerspesialis oor die jongste wat dokters in hospitale teëkom.

Woensdag 23 Desember 2020

Gesondheid 23 Desember 2020

Wat het slaapapnee en snork met jou hart te doen? Baie meer as wat jy ooit kon droom. As jy of jou maat snags ophou asemhaal en dan weer skielik na asem snak, MOET jy hierna luister. Marí Hudson praat met ’n hartspesialis oor die jongste feite oor slaapapnee en hartprobleme.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: