07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Doen jou eie ding

Met Ryk van Niekerk

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 22 September 2021

Gesondheid 22 September 2021

Hoe werk jou immuunstelsel wanneer jy Covid kry? Hoe skakel die Covid-entstof jou immuunreaksie aan? Marí Hudson praat met ’n kliniese immunoloog, wat verduidelik waar teenliggame, B- en T-selle inpas in jou immuunreaksie.

Woensdag 15 September 2021

Gesondheid 15 September 2021

Het jy geweet sekere siektes het spesifieke reuke? ’n Spesialis vertel meer hiervan. Sy beskryf ook haar ondervinding in ’n Covid waaksaal. Ons gesels ook oor die diagnose van outisme.

Woensdag 8 September 2021

Gesondheid 8 September 2021

Suid-Afrika se eerste vier Covid-snuffelhonde is pas opgelei, en ruik Covid met meer as 96% akkuraatheid uit, selfs in die inkubasiestadium. Dis akkurater as die PCR-Covidtoets. Hoe word snuffelhonde opgelei? Marí Hudson het gaan uitvind.

Woensdag 1 September 2021

Gesondheid 1 September 2021

Fibromialgie is ‘n siekte wat soms jare neem om te diagnoseer, en dan word dit dikwels nie behoorlik behandel nie. Byna tweederdes van fibromialgielyers ly ook aan depressie en angs, of slaapprobleme as deel van of as regstreekse gevolg van dié siekte. Marí Hudson praat met ’n psigiater om meer uit vind oor dié aspekte van die siekte en die beste behandelingsopsies.

Woensdag 25 Augustus 2021

Gesondheid 25 Augustus 2021

Is Covid werklik dodeliker as griep? En waar is gewone wintergriep heen? Hoe groot is die effek van Covid-gevalle in waaksale, en is dit gevaksineerdes of ongevaksineerdes wat daar beland? Marí Hudson praat hieroor met prof. Marc Mendelson van die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: