09:00 - 09:40

Oggenddiens

Nou op die lug: 09:40 - 10:00

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 10:00 - 10:30

Vers en Klank

Met Sophia van Taak

10:30 - 11:00

Kortom

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 25 Februarie 2015

25 Feb

Jongmense se breine is nog aan die ontwikkel, en dinge kan maklik skeefloop as verkeerde stowwe met breinfunksie inmeng. Dis presies wat dagga en Tik doen. Die middels kan skisofrenie en ander psigoses aanskakel, wat dalk nooit weer afgeskakel kan word nie. Mari Hudson kyk verder na die probleem, wat aan die toeneem is.

Woensdag 11 Februarie 2015

11 Feb

Narkotiseur dr. Heinz Mödler beantwoord luisteraarsvrae oor naarheid ná narkose, en narkose en rooikoppe.

Woensdag 4 Februarie 2015

4 Feb

Dr. Heinz Mödler is 'n narkotiseur, skryf boeke en het 'n wye belangstelling in mediese sake. Hy gesels oor interessante feite oor narkose, en ook dinge soos of mens kan doodgaan as jy jou hele lyf in verf doop.

Woensdag 28 Januarie 2015

28 Jan

As jy al die pyn van migraine ervaar het, sal jy sekerlik dokters vergewe dat hulle jare lank gemeen het die pyn ontstaan in slagare binne die brein. Dit is eintlik veranderings in die klein slagaartjies, vlak onder die kopvel en dus buite die brein, wat tot die geweldige pyn lei. En omdat medici nou die oorsaak van die pyn beter verstaan, is dit moontlik om deur 'n klein prosedure mense wat aan erge migraine of troshoofpyn ly, se pyn te verlig sodat hulle nie weer medikasie benodig nie.

Woensdag 21 Januarie 2015

21 Jan

Nuwe tegnologie om hartritmestoornisse, veral atriale fibrillasie, wat baie mense bo sestig tref, het die afgelope vyf jaar dramaties ontwikkel. Marí Hudson kyk na 'n nuwe tegniek waar 'n Kaapse hospitaal weer die eerste in die ontwikkelende wêreld was. En, vir die eerste keer raak private hospitale formeel betrokke by doktersopleiding.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: