23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 14 Januarie 2015

14 Jan

Het jy geweet dat slegs een TB-kiem nodig is om jou aan te steek as iemand met TB naby jou nies of hoes? En dat die TB-lyer met elke nies of hoes sowat 40 000 TB-kieme die lug instuur? Het jy geweet dat die meeste keel- en longinfeksies deur virusse veroorsaak word en dus nie met antibiotika behandel moet word nie? Maar dat een spesifieke keelinfeksie wat wel deur 'n bakterie veroorsaak word, wel deeglik met antibiotika behandel moet word, anders kan die pasiënt hartklepskade opdoen? Hoe ken mens dit uit?

Woensdag 7 Januarie 2015

7 Jan

Het jy geweet 'n enkele TB-kiem is genoeg om jou tuberkulose te gee? Of dat die baie mense wat antibiotika nodig het, met te lae dosissse behandel is? Of dat pasiënte druk op dokters plaas om onnodig antibiotika vir hulle voor te skryf? Of dat die meeste gevalle van bronchitis en ander lugwegsiektes deur virusse veroorsaak word, en antibiotika nie daarvoor gaan help nie?

Woensdag 10 Desember 2014

10 Dec

Dieetkundige Annchen Weidemann antwoord jou vrae oor gesonde eetgewoontes en gewigsverlieseetplanne.

Woensdag 3 Desember 2014

3 Dec

Wat is fatty liver-siekte? Hoekom sukkel mense op chroniese kortisoonbehandeling om gewig te verloor? Het menopouse iets met gewigstoename te doen? Wat van Banting? Die luisteraarsvrae word beantwoord deur die metabolisme-kenner, prof. Tess van der Merwe.

Woensdag 26 November 2014

26 Nov

Gewigsverlies is 'n teer puntjie vir baie. As deel van RSG se skud-dit-afx2 eetplan om oorgewig mense te help om die ekstra vetjies af te skud, het ons dieetkundige Annchen Weidemann in die ateljee wat luisteraars se vrae sal beantwoord. Dis jou kans om die vrae wat jy oor dieet en dieetplanne het, te stel.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: