15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Groeipyne

Donderdag 23 September 2021

Groeipyne 23 September 2021

Johan van Lill praat met prof. Renata Schoeman, 'n psigiater, oor kinders se blootstelling aan skermtyd, en wat die tekens is waarvoor jy op die uitkyk moet wees wat op skermverslawing dui. Skermverslawing het ‘n negatiewe impak op kinders se konsentrasievermoë, aandag, geheue, slaapgewoontes, algemene gesondheid en ontwikkeling.

Donderdag 16 September 2021

Groeipyne 16 September 2021

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Elzette Fritz en Katherine van Heerden, oor ouerskapstyle, en hoe gemaak wanneer twee ouers in dieselfde huis verskillende ouerskapstyle toepas. Verander ‘n mens se ouerskapstyl soos wat jou kinders ouer word? Watter rol speel binding in ouerskap?

Donderdag 9 September 2021

Groeipyne 9 September 2021

Johan van Lill praat met twee opvoedkundige sielkundiges, Alicia Bestbier en Melissa Cawood, oor hoe om met jou kind oor geld en finansies te praat. Hoe gemaak met sakgeld? Moet ‘n kind weet hoeveel jy verdien?

Donderdag 2 September 2021

Groeipyne 2 September 2021

Johan van Lill praat met onderwyskundige en remediërende onderwyser, Isabel Pretorius, oor die rol wat perseptuele vaardighede in leesontwikkeling speel, en wat ouers en versorgers tuis kan doen om hulle kinders met die ontwikkeling hiervan te ondersteun.

Donderdag 26 Augustus 2021

Groeipyne 26 Augustus 2021

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Leanda Otto oor wat om te doen wanneer jou kind ‘n vloermoer gooi? Wat doen jy in die situasie? Hoe kan jy verhoed dat jou kind jou lewe ontwrig met sulke optrede? Wat gebeur wanneer jy die minste tyd of krag het om dit te hanteer?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: